Volwasse Matriek By – Matriek Kollege

Volwasse Matriek is vir mense wat skool verlaat het. Gewoonweg word dit gedoen jare na die persoon uit die skool is. Mense wat 21 en ouer is doen hierdie eksamen. 

 

Dit gee jou selfs toelating tot ʼn universiteit. Hierdie is ook ʼn goeie keuse is vir iemand wat net sekere vakke kortkom. 

 

Daar is ook opsies om erkenning te kry vir vakke wat vantevore geslaag is. 

Die Vereistes By Matriek Kollege

As jy hierdie kursus wil doen moet jy 21 en ouer wees. Hierdie drie kwalifikasies gee jou toelating tot die volwasse eksamen:

 

  • ʼn Graad 9 rapport
  • ʼn gelykaanstaande kwalifikasie 
  • onvolledige matriekuitslae

Hoe Kan ʼn Mens Volwasse Matriek Slaag?

Jy moet ses vakke slaag, twee van hierdie vakke moet amptelike tale wees. Dit is hoe jou uitslag moet lyk:

 

  • 40% vir drie vakke, waarvan een van hierdie vakke ‘n amptelike taal moet wees en jy moet dit op huistaalvlak neem
  • 30% vir twee vakke, een van hulle moet nog ʼn amptelike taal wees, wat jy op tweedetaal vlak moet neem
  • Jy moet ten minste 20% in die sesde vak kry

Hoe Berei ʼn Mens Vir Hierdie Eksamen Voor?

  • Tydens jou registrasie help ons jou om vakke te kies wat die beste by jou pas, en ons berei jou voor om goed te doen in daardie vakke. 
  • Ons help jou om te fokus op die vakke waar jy beter punte benodig 
  • Ons help jou om voor te berei vir die eksamen deur jou te help om die studie materiaal, ou eksamen vraestelle en ekstra studie materiaal wat ons aanlyn ontwikkel het, deur te werk
  • Jou tutor is aanlyn beskikbaar, op WhatsApp, per epos en per telefoon. Ons help jou stap vir stap om seker te maak dat jy die resultate kry wat jy wil hê
  • Ons help jou met die nodige reëlings vir jou om die eksamen te kan skryf

Vraestelle

Dit is deel van ons ondersteuning. Daar is geen beter manier as om deur ou vraestelle te werk nie. Kry toegang tot alle CAPS asseserings vraestelle vir leerlinge van Graad 10 tot 12.

Met ou vraestelle kan jy jou punte verbeter en slaag.

Waar Kan Ek Hierdie Eksamen Skryf?

Dit word afgelê by sekere eksaminering lokale van die Provinsiale Onderwysdepartemente. Daar is ook sekere assesseringliggame wat onafhanklik en geakkrediteer is deur Umalusi. Dit beteken dat hulle dit ook kan afneem.

 

Jy kan hierdie eksamen deur Matriek Kollege, aanlyn of by enige distrikskantoor van die DBE aansoek doen. Dit word in Mei en Julie afgelê. Registrasie maak oop teen die einde van November en die sluitingsdatum is die einde van Januarie.

Matriek Kollege

Matriek Kollege is ‘n afstandsonderrig kollege wat jou help om jou matriek te verwerf. As jy jou matriekeksamen wil herskryf, of jou matriek as volwassene (ouer as 21) wil behaal, kan ons jou help. 

 

Ons sal jou help om jou matriek te slaag, matriek te verbeter en jou matrieksertifikaat te verwerf. Deur ons ondersteuning kan jy jou matriek slaag of verbeter.

Studeer Sonder Matriek

Matriek Kollege bied dienste aanlyn en via afstandsonderrig aan. Ons beveel dus afstandsonderrig-opsies aan vir ons studente wat sonder matriek wil studeer. 

 

Ja, ‘n matriek sertifikaat is baie belangrik, maar dit is nie die einde van die wêreld indien jy nie een het nie.  

 

Jy kan steeds ‘n winsgewende en suksesvolle loopbaan hê.  Matriek Kollege bied verskeie kursusse aan wat jy kan studeer sonder ‘n matriek sertifikaat. Hier is jou opsies:

ICB Kursusse

Studente wonder dikwels wat hulle kan studeer sonder matriek of selfs wat hulle kan studeer met net ‘n graad 11 sertifikaat  Hier is jou opsies.

 

Die Instituut vir Geregistreerde Boekhouers (ICB) bied hoogs geakkrediteerde besigheid- en finansiële bestuur kursusse aan.  

 

Hierdie kursusse word spesiaal aangepas om jou al die ondervinding te gee om die professionele en sake-wêreld aan te pak.

 

Hier is ICB kursusse wat jy kan studeer:

 

  • Finansiële Rekeningkunde: ICB
  • Besigheid Bestuur: ICB
  • Kantoor Administrasie: ICB

Kort Kursusse

  • Skoonheidsterapie
  • Opvoedkundige- en Kindersorg
  • Toerisme en Gastehuis Bestuur
  • Geleentheid- en Troue Beplanning

Afhangende van die kursus wat jy kies om te studeer, sal jy met jou eerste sertifikaat ‘n loopbaan kan begin.  

 

Dit beteken dat jy vinniger met jou loopbaan kan begin en aanhou studeer terwyl jy dit doen.

Voordele Om By Matriek Kollege Te Registreer

  • Jy kan sonder matriek studeer:  Hulle bied jou ‘n geleentheid om sonder matriek te studeer
  • Jy sal geld spaar:  Jy sal geld spaar om onderrig en vervoer.  Aangesig-tot-aangesig is baie duurder, en jy hoef nie daar te wees nie.
  • Uitstekende studente ondersteuning:  Jy kry aanlyn tutor ondersteuning wat jy enige tyd kan kontak.
  • Afstandsonderrig:  Afstandsonderrig is ‘n fantastiese manier om teen jou eie spoed te werk.  Dit beteken ook dat jy selfs kan werk, terwyl jy studeer, en sodoende steeds ‘n salaris verdien.

8 thoughts on “Volwasse Matriek By – Matriek Kollege”

  1. Mac-John Daniëls

    Goeie naand ek wil graag my matriek voltooi. Ek het my skool loopbaan tot Graad11 voltooi. Kan u asb die inligting vir my email. Dankie

  2. Edith Haggard

    Good evening. May i ask what the cost for matric will be as well as the courses you can do without matric please.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *